Koninkryk van Engeland

Hierdie artikel handel oor die historiese koninkryk. Vir die land in sy huidige vorm, sien Engeland.
Kingdom of England (Engels)
Engla rice (Oud-Engels)

Koninkryk van Engeland

927 — 1649
1649–1660: Gemenebes
1660–1707

Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Engeland
Ligging of Engeland
Grondgebied van die Koninkryk van Engeland
Hoofstad Winchester (tot 1066)
Londen (vanaf 1066)
City of Westminster (administratief)
City of London (kommersiël)
Taal/Tale Engels (de facto, tot 1066)
Frans (de jure, 1066 – 15de eeu)
Engels (de facto, het Frans geleidelik van die laat 13de eeu af vervang)
Wallies (de facto)
Kornies (de facto)
Godsdiens Rooms-Katolieke Kerk (tot 1533 en vanaf 1553 tot 1558)
Protestantisme (vanaf 1533 tot 1553 en sedert 1558)
Regering Monargie
Monarg
 - 927-939 Athelstan (eerste)
 - 1702-1707 Anna (laaste)
Wetgewer Parlement
Geskiedenis
 - Vereniging deur Athelstan 927
 - Normandiese verowering 1066–1088
 - Act of Union 1535 1535–1542
 - Unie van die Krone 24 Maart 1603
 - Glorieryke Rewolusie 11 Desember 1688
 - Unie met Skotland 1 Mei 1707
Oppervlakte
 - 1283 145 000 km2
55 985 sq mi
 - 1542 151 000 km2
58 301 sq mi
Bevolking
 - 1283 skatting 500 000 
     Digtheid 3,4 /km² 
8,9 /sq mi
 - 1542 skatting 3 000 000 
     Digtheid 19,9 /km² 
51,5 /sq mi
 - 1707 skatting 5 750 000 
     Digtheid 38,1 /km² 
98,6 /sq mi
Geldeenheid Pond sterling

Die Koninkryk van Engeland (Engels: Kingdom of England; Oud-Engels: Engla rice, letterlik "Koninkryk van die Engelse") was 'n staat in die suidelike deel van Groot-Brittanje in Wes-Europa wat bestaan het uit die moderne lidlande van die Verenigde Koninkryk, Engeland en Wallis en die moderne regsentiteit Engeland en Wallis.

Die vernaamste koninklike woning was in Winchester, in Hampshire, maar Londen en Gloucester het byna gelyke status gehad. Londen het teen die begin van die 12de eeu die de facto-hoofstad geword. Dit het gedien as die hoofstad van die koninkryk tot met die samesmelting daarvan met die Koninkryk van Skotland in 1707 (sien Acts of Union 1707) en bly steeds die belangrikste stad in Engeland. Dit het ook gedien as beide die hoofstad van die Koninkryk van Groot-Brittanje (1707–1801) en van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland (1801–1922). Vandag is dit die hoofstad van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland (die "Verenigde Koninkryk").

Die huidige monarg van die Verenigde Koninkryk, koningin Elizabeth II, is die moderne opvolger van die monarge van Engeland. Die titel koningin (en koning) van Engeland is sedert 1707 streng gesproke nie korrek nie, maar word steeds algemeen gebruik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search